
Daar is egter ‘n belangriker rede. ‘…[hy] begin op die water na Jesus toe loop.’ Jesus is nie in die skuit nie, Hy is op die water! Jy kan slegs ‘diepwater’ geloof ontwikkel wanneer jy bereid is om beskutting en voorspelbaarheid te laat vaar en saam met Hom uit te klim.
Jy het miskien vir jare daaraan gewerk om ‘n skynbaar ordelike lewe te skep. Nou ‘verongeluk’ God dit deur jou te vra om in die geloof ‘uit te klim’ en die woeste golwe te trotseer. Hy doen dit omdat Hy jou vertroue in Hom wil verhoog.
Jy het dit miskien gewaag om in die verlede, ten spyte van moontlike verwerping, jou geloof te deel; of jy het gegee al moes jy opofferings maak; of diens gelewer, al het jy heeltemal ontoereikend gevoel. Jy het wel soms gesink, maar tog soms geloop, maar jy het met geloof geleef. Kyk hoe gemaklik is jy egter nou daar in die skuit! Jy is nie eens meer bewus van storms nie.
Onthou gerus dat twee dinge gaan gebeur wanneer jy die beskutting van die skuit verlaat. Eerstens, wanneer jy misluk, en jy mag dalk heelwaarskynlik, is jy nie alleen nie. Jesus is met jou. Tweedens, wanneer jy elke dan en wan op die water loop, sal dit jou versterk en jou in staat stel om selfs wonderliker dinge te doen.
Bron : Radiokansel (Inhoud aangepas)


