
Die Southern Baptist Convention se resolusie om die oliestorting in die Golf [van Meksiko] te veroordeel, is tekenend hiervan. Russell Moore, ‘n Southern Baptist-teoloog, het in ‘n veelseggende verklaring oor hoe die oliestorting sy geliefde tuisdorp Biloxi, Mississippi, verwoes het, erken: ‘Te lank al is ons evangeliese Christene ongemaklik met ‘n ekologiese gewete. Ek sluit myseIf by hierdie aanklag in.’ Toe vra hy, ‘Sal mense ons glo as ons oor die Een praat wat lewe gee, nogal in oorvloed, as hulle sien ons gee nie ‘n duit om dat dit vernietig en doodgemaak word nie?’
Dieselfde God wat aartappels in die grond laat groei vir ons om te eet, het olie onder die grond geplaas vir ons om te gebruik. Maar sekerlik is Hy nie gelukkig as ons Sy oseane besoedel en Sy skepping doodmaak in ons poging om dit te ontgin nie. ‘U het hom net ‘n bietjie minder as ‘n hemelse wese gemaak en hom…laat…heers oor die werk van u hande…U het alles aan hom onderwerp: …alles; selfs die diere in die veld, die voëls in die lug, en die visse in die see …’ (Psalm 8:6-8 NV). Net omdat ons hemel toe gaan, beteken nie ons kan God se pragtige aarde kan ‘verwoes’ nie!
Bron : Radiokansel



