Wees lief vir mekaar – dis so eenvoudig!

Andrew Jackson2407

Andrew Jackson2407Andrew Jackson was ‘n generaal in die leër van Tennessee voordat hy die president van Amerika geword het. Gedurende die oorlog van 1812 het sy troepe onder mekaar begin stry en baklei. Hy het hulle laat aantree en gesê, ‘Manne, laat ons onthou die vyand is daar!’ Ons kan almal daarby baat om dit te onthou.

Dis vir ons makliker om God lief te hê, as vir die mense met wie ons saamleef. ‘n Persoon het gesê: ‘As ek verlore was, is daar een ding wat my van Christus sou weghou …die gesindheid van Christene teenoor mekaar. Wanneer struwelinge ontstaan het toe ek ‘n kind was, het my pa altyd gesê, “Ons mag ons verskille tussen hierdie mure hê, maar onthou ons is familie. As jou broers of susters jou nodig het, sorg vir hulle, wees lief vir hulle, ondersteun hulle.”‘

Alles wat ons moet weet staan in hierdie twee verse, ‘Moet niks uit selfsug doen nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself. Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange’ (Filippense 2:3-4). Dink aan die ander persoon. Moenie selfsugtig wees nie. Dit klink soos iets wat kinders in die kleuterskool geleer word tog, hoeveel volwasse probleme sou ons nie kon vermy as ons so gesind was nie? Hoeveel huweliksprobleme sou opgelos kon word? Jesus het gesê, ‘As julle liefde teenoor mekaar beoefen, sal almal daaraan sien dat julle my dissipels is.’ Voor Sy dood het Jesus so gebid, ‘Ek bid dat hulle almal een mag wees…’ (Joh. 17:21).

Bron : Radiokansel

Scroll to Top