Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Neem nog een tree
Mislukking kan soos ‘n hou in die maag voel; en as dit aanhou, is dit maklik om net eenvoudig tou op te gooi. Jy mág egter nie. Mislukking maak nie van jou ‘n mislukking nie; tou opgooi doen dit. H. E. Jensen het gesê, ‘Die man wat wen, kon etlike male uitgetel gewees het, maar het die skeidsregter nie gehoor nie.’ ‘n Lewe sonder mislukking voel miskien veilig, maar veroorsaak verveeldheid, lusteloosheid en ‘n lae selfbeeld. Die duiwel herinner jou nooit aan wat jy al geleer het nie. Oorwinning vereis egter dat jy bou op wat jy reeds geleer het en dan aanbeweeg. Die teoloog Brooke Foss Westcott het gesê, ‘Groot geleenthede máák nie helde of lafaards nie, maar ontmasker hulle net…Stil soos ons wakker word of slaap, word ons sterk of swak, en uiteindelik wys een of ander krisis ons wat ons geword het.’ Hierdie artikel is in The Wall Street Journal gepubliseer: ‘Jy het baie maal misluk al onthou jy dit miskien nie.
Jy het die eerste keer wat jy probeer loop het, geval. Jy het die eerste keer wat jy probeer swem het amper verdrink. Het jy die eerste keer wat jy ‘n kolf geswaai het die bal raak geslaan? Die mees suksesvolle kolwers in sagtebal slaan ook die meeste kere. R. H. Macy het sewe keer misluk voordat sy winkel in New York ‘n sukses was. Die Engelse skrywer John Creasy se werk is 753 keer afgekeur voordat hy 564 boeke kon publiseer.’ H. Jackson Brown gee aan ons twee riglyne vir oorwinning: Reël een: neem nog ‘n tree. Reël twee: as jy nie nog ‘n tree kán gee nie, gaan terug na reël een.
Elke dag was dieselfde, 'Mense het hom daagliks laat sit by die tempelpoort wat as Mooipoort bekend staan...' (Handelinge 3:2 NLV). Wanneer jy probleme het,…