‘n Nuwe hart

gutenberg3010

‘n Versamelaar van skaars boeke loop een van sy vriende raak en die vertel hom hom hy het onlangs een van sy ou Bybels weggegooi.

“Watter een was dit? Verneem die versamelaar

“‘n Guten-iets bybel”

“Nie ‘n Gutenberg Bybel nie?” vra die versamelaar geskok.

“Ja dit was dit” antwoord die man.

“Jou onnosel!, dit was een van die eerste boeke ooit gedruk en dit is omtrent R5 miljoen werd!” gil die versamelaar

“Ag nee wat – ek dink nie regtig so nie, dit was in elkgeval orals bekrap met ‘n pen deur ‘n ene Martin Luther”

Wel ek dink die versamelaar sou waarskynlik ‘n hartaanval gekry het na daardie antwoord.

Baie keer hanteer ons die waarhede van die Bybel net so. Ons lees daardeur, maar begryp nie die omvang of die impak daarvan nie.

“God sal aan al julle behoeftes ryklik voorsien”

“Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die bose magte van hierdie wêreld”

“Doen aan ‘n ander wat jy aan jouself gedoen wil hê”

“Wat jy saai, sal jy oes”

“Moenie jou hand aan die ploeg slaan en omkyk nie”

“As die koring korrel nie in die grond van en sterf nie, sal dit nie kan lewe nie”

“As Ek vir die mossies sorg, hoeveel te meer sal ek vir jou sorg”

“Die krag wat die Here uitoefen in ons lewe is kragtig”

Ek wed jou jy het reeds voorheen al hierdie teksverse raakgelees?

Hoekom sukkel ons dan soms om in die volheid daarvan te leef? Ek sluit myself hierby in. Weet jy, dis omrede ons nie doen wat daar staan nie. Die begeerte om in hierdie waarheid te leef ontbreek. Daar ontbreek iets in ons lewens.

Ons tel ‘n probleem op en ons “sort” dit self uit. “No problem”.

“Poof!” – problem solved. Next?

My bekommer oor my gesondheid? Nee wat, ek voel “fine”, bring daai vet tjops nader.

Weet jy wanneer maak ons die Here deel van ons lewe? Wanneer al jou plannetjies opraak en jy opeindig met 43c in jou rekening en soos in niemand wil jou help nie.

Wanneer jy baas jou vertel, hulle “retrench” ongelukkig ‘n klomp mense en jy is deel van hulle. Jou man of vrou besluit hy/sy het genoeg gehad en hulle pak hulle goedjies. Die dokter jou in kennis stel, daar is medies gesproke nie meer iets wat hulle vir jou kan doen nie.

Elke dag lees ons ons bybel en doen selfs ‘n gebed. Elke Sondag is ons getrou op ons pos in die kerk.

Dit wat ontbreek op hierdie stadium is beslis nie meer geloof nie. Wat ontbreek is die innerlike behoefte, die smagting na Jesus in jou lewe.

Vader gebruik ons omstandighede waarin ons onsself gedompel het om aan ons hart se deure te kom klop. Hy is so bereid om te help. Hy’s so ontsettend lief vir ons. Hy smag na ons oorgawe aan Hom.

Maar ons het nodig om ‘n gesindheid, ‘n hart te hê wat smag na Hom.

‘n Hart wat belei en erken; “Here, ek is niks sonder U in my lewe nie. Ek kan nie sonder U lewe nie, ek wil nie sonder U lewe nie. Ek wil nie hierdie dag ingaan sonder U nie. Ek wil U elke oomblik van hierdie dag deel van my lewe maak.”

Hoe voel jou hart op hierdie oomblik?

Johann

Scroll to Top