“Dis nou genoeg!”

armed1408

Hulle teenwoordigheid in ‘n winkelkompleks is genoeg om enige persoon ongemaklik te laat voel. Onwillekeurig voel jy soms ongemaklik met hulle rondom jou. Jy voel ongelooflik kwesbaar & weerloos.

Jy het definitief al by hulle verbygeloop in die gange van so ‘n kompleks, of terwyl jy in ‘n koffiewinkel sit, hulle skuins oorkant jou staan. Gewapend tot die tande toe, vingers op die sneller, koeëlvaste baadjies wat bolywe beskerm.

Hulle roetes en die beveiliging van geldtrommels is haarfyn beplan en ingeoefen. Gewoonlik is hulle blootstelling minder as ‘n 100 meter, soms dalk 40 meter. Met presiesheid verskyn hulle om net weer so te verdwyn.

Tog lees jy amper elke dag van rooftogte waarby hierdie sekuriteitsmaatskappye betrokke is. Êrens was daar ‘n hoekie, ‘n draaitjie of ‘n fout met die uitvoering van hulle ingeoefende roetine. Soms was daar net bloot ‘n oormag.  Ten spyte van alle voorsorg is hulle ook slagoffers. Die rowers is geneig om hulle dop te hou, gapings in hulle metodes en uitvoering te identifiseer en dan op die regte oomblik toe te slaan, gewoonlik met lewensverlies daarby.

Van te vore het ons al juis die bostaande in ons eie geestelike lewens beleef. Konflik tussen die kinders, tussen ek en Zelda, ons werksmense, “You name it” Ons is dopgehou, uitoorlê en aangeval deur die vyand. Hy het gegaan vir die “kill”. “No mercy, no prisoners”

’n Hulpkreet het uitgegaan na Jesus. En Hy het gesê : “Hey, dis nou genoeg”. Deur die donkerte van die vorige paar dae breek ‘n warm helder Goddelike sonskyn in een gebed deur. Die mens wat ek Zelda was voor en na daardie gebed is nie dieselfde persone nie. Ek besef weereens watter ongelooflike almagtige God ons dien. Wanneer Hy praat kom die hemele in beweging en verbaas Hy my weereens. (Hoe sê die kiddies?: “Hy het my omgeboul”)

Het God my in die steek gelaat? Nee. Ek het iets gekry wat ek kan saamvat na more en wat my sal herhinner aan die werklikheid van God. Sy Woord sê: “Hy sal my red uit elke omstandigheid” Hy was getrou.

Johann

Scroll to Top