Moenie van die plan afwyk nie (3)

ImagePetrus het bewys dat jy nie sal sink nie, solank jy jou oë op Jesus gerig hou en nie afwyk van die plan nie. Let op:
(1) Voordat jy jou in iets begewe, maak seker dat dit God se wil is vir jou! Petrus het gesê: “Here, as dit U is, beveel my om op die water na U te kom. En Hy sê: Kom!”
(Matt. 14:28-29, OAV). Voordat jy iets aanpak soos om op die water te probeer loop, bid en maak seker dat God saamstem. Met ander woorde, vind uit wat God se plan is en moenie daarvan afwyk nie.
(2) Moenie verwag dat almal op die boot saam met jou sal gaan nie. Om op die water te loop, is ‘n eensame roeping; dit sonder jou af van diegene wat tingerig en sekuriteitsbewus is. Jy sal waarskynlik ook kritiek moet verduur vanaf mense wat gaan dink dat jy hulle laat sleg lyk.
(3) As jy bly wag op mooiweer, gaan jy jou kans mis. Toe Jesus gesê het “Kom”, was hulle in die middel van ‘n storm. Ons wil almal eerder wag totdat die omstandighede gunstig is of totdat ‘n groot donateur sy steun aan die projek gee, voordat ons iets sal doen. Maar hoe gereeld gebeur dit nou eintlik? Petrus het nie op die water geloop nie, maar op die Woord! Wat was God se opdrag aan jou? Hou op om te wag vir die ideale omstandighede en begin om dit te doen!
(4) Moenie ‘n flatervrye optrede verwag nie. Niemand loop sonder om te weifel nie. Die Bybel beskryf sy helde in een sin: “Hulle het in swakheid krag ontvang,” (Heb. 11:34, NAV). Al die groot manne en vroue van God wat jy so bewonder, sink soms en moet dan uitroep: “Here, red my!” En weet jy wat? Hy doen dit! Hy sal ook dieselfde vir jou doen!
© Radio Kansel 2008 (www.radiokansel.co.za)
Scroll to Top