Moenie Gaan Totdat Jy Verkry Nie

tops1303

tops1303Die Bybel sê: ‘Dawid het God weer geraadpleeg. God het vir hom gesê…”Wanneer jy ‘n geritsel in die toppe van die melkbosse hoor, moet jy aanval, want dan trek God voor jou uit…”

Dawid het gemaak soos God gesê het, en hulle het die Filistyne verslaan…’ (vv. 14-16).

Drie dinge staan uit : 1) Dawid wou nie beweeg voordat hy dit eers met die Here deurgepraat het nie. Dis nie iets wat hy soms of in tye van krisis gedoen het nie; hy het dit gereeld gedoen.

2) Dawid het gewag dat hy ‘n sekere geluid hoor: ”n Geritsel in die toppe van die melkbosse.’ Ken jy God goed genoeg om Sy stem te herken? Met tyd en oefening sal jy. ‘Julle is egter deur die Heilige Gees gesalf, en julle ken almal die waarheid’ (1 Johannes 2:20 NV). Nie alleen sal jy weet wat God van jou verwag nie; Hy skep in jou die begeerte om dit te doen. ‘Want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer’ (Filippense 2:13 NV).

3) Dawid het gegaan in die wete dat God vooruit gaan om elke hindernis voor hom uit die weg te ruim. Die Bybel sê: ‘As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee…’ (Jakobus 1:5). Wysheid is ‘die vermoë om kennis te gebruik om sodoende suksesvol die uitdagings van die lewe te hanteer.’ Jy kan kennis uit boeke en die skool verkry, maar wysheid is ‘n gawe van God.

Moenie gaan totdat jy dit kry nie!

Bron : Radiokansel

Scroll to Top