
Geestelik gesproke is God ook! Soms beweeg Hy aan die ‘linkerkant’, en dit lyk of Hy nie daar is nie. Die Bybel sê, ‘Toe Jakob wakker word, sê hy: “Sowaar! Die Here is op hierdie plek, en ek het dit nie geweet nie!”‘ (Genesis 28:16).
God het in ‘n droom aan Jakob gewys dat daar baie meer op die spel was as om net ‘n vrou te vind. Jakob was eintlik ‘n groot rolspeler in die vervulling van God se verbond met Abraham en Isak. ‘Linkerhand-toetse’ is soos ‘n mikroskoop wat ons ware oortuigings blootlê. Sal jou gesindheid anders wees as jy weet dat jou huidige pos, verhouding, of die plek waar jy jouself bevind, deel is van God se plan vir jou lewe?
Job het in sy donkerste uur gesê, ‘…soek ek in die ooste, kry ek Hom nie. In die weste is Hy ook nie… Ek sien Hom nie in die noorde nie… In die suide vind ek Hom nie.’ Wanneer God aan die ‘regterkant’ werk, sien jy Hom maklik. Wanneer jy egter nie die hele prentjie kan sien nie, word jy maklik mismoedig en dink dat Hy jou vergeet het. Hy het nie! Hy gebruik net Sy ander hand om sekere dinge in jou lewe te bewerkstellig. Watter hand Hy ook al gebruik, jy kan op God vertrou!
Bron : Radiokansel




