Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Voorberei, geplaas, geplant, gesnoei, gebloei (3)
Let op dat God die man in die tuin laat woon het “in Eden in die ooste,” (Gen. 2:8). Dit is nie goed genoeg om in die tuin te wees nie, jy moet op die regte plek ook wees. Jy moet bid: “Here laat my woon in my tuin.”
Jy leer baie wanneer jy kinders grootmaak. Jy word ouer en wyser, en sê: “Moenie dit doen nie. Moenie daarheen gaan nie.” Maar daar is nie ‘n kortpad deur die proses nie. Kinders moet struikel, want dit is hoe hulle leer hoe om te loop en hulle pad te vind. Miskien het jy self ook ‘n paar verskillende beroepe beoefen voordat jy agtergekom het wat jy veronderstel is om te doen. Dit is omdat jy nog nie “daar laat woon” is nie. As jy wys is, sal jy een of ander tyd begin bid: “Here, moenie my toelaat om my lewe lank goed te probeer nie, laat my woon op die regte plek!”
Jy kan op die regte plek wees en dit nie eers weet nie – want die plek is geplant, nie geskep nie. Dave Thoman, die stigter van die Wendy’s kitskosgroep, is aangeneem toe hy ses weke oud was. Toe hy vyf jaar oud was, het die aanneem-ma gesterf en moes hy vir ‘n groot deel van sy kinderjare van staat tot staat rondreis terwyl sy aanneem-pa vir werk gesoek het. Hy vertel dat hy skaam was omdat hy nie ‘n ordentlike paar skoene gehad het wat hy kon aantrek nie. Dink net – iemand wat nie sy skoolloopbaan voltooi het nie, wat skoene gedra het wat nie gepas het nie, en gewerk het as ‘n kelner – en vandag is hy die eienaar van ‘n ses biljoen doller besigheid. Dit maak nie saak waar jy wegspring nie, dit maak net saak waar jy eindig. Jy moet in die spieël kyk en aankondig: “Iets in my het nog nie uitgekom nie. Here, help my om standvastig te bly totdat U dit uit my uittrek wat U in my geplant het nie.” Moenie toelaat dat enigiemand jou oorreed dat jy ‘n mislukking is omdat jy nie die regte skoene dra, of alles nou in plek het nie. God het ‘n plek in gedagte vir jou. Loop net saam met Hom en Hy sal jou daar laat uitkom.
Ons vertel dikwels eensydige verhale van hoe ons suksesse behaal en wonderlike hoogtes bereik het - en mense word deur hierdie 'suksesverhale' mismoedig gemaak! Hulle…