Maak werk van die hoenderhaan

Cock 16fad

Cock 16fadBooker T Washington vertel ‘n pragtige storie oor sy ma. Elke oggend van sy jong lewe is hy en al die slawe wat op die plantasies gewerk het, wakker gemaak deur die kraai van ‘n haan. Die haan se kraai het ‘n lewe van lang dae en uitputtende arbeid gesimboliseer. Maar toe kom die Emansipasieproklamasie. Abraham Lincoln het vryheid vir alle slawe verklaar.

Die eerste oggend daarna is die jong Booker weer deur die haan wakker gemaak, maar toe het sy ma die hoender geslag en het die Washingtons hul wekker gebraai en vir middagete geëet. Hul eerste daad van vryheid was om die herinnering van hul slawerny stil te maak.

Steel enige hane jou rus? Jy het dalk nodig om jou mes te slyp. Die goeie nuus van die evangelie is dat Sy genade, en ook jou vryheid, ‘n werklikheid is! “Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van sonde en dood.” (Rom 8:1-2 NV). Vergeet jou sondes ter wille van God, want as jy aanhou om ou koeie uit sloot te grawe, pla jy Hom! Klink dit te erg vir jou? Lees dan wat God sê oor jou sondes: “Ek, ja, Ek alleen, is die Een wat julle sondes uitwis. Ek doen dit ter wille van Myself en Ek dink nie weer daaraan nie.” (Jes. 43:25 NLV).

God het jou sondes in “die diepsee” (Miga 7:19 NLV) gegooi, en ‘n teken daar opgerig wat sê: “Geen visvang word in hierdie water toegelaat nie.”

Bron : Radiokansel

Scroll to Top