
Daar word ‘n snaakse verhaal vertel van ‘n klompie nonne wat in ‘n hospitaal gewerk het en een oggend oppad werk toe sonder brandstof gaan staan het. Daar was ‘n petrolstasie naby, maar hulle het nie ‘n houer gehad waarin hulle petrol kon gooi nie. Skielik het een van hulle onthou dat daar ‘n bedpan agter in die kattebak was. Die petrol is in die pan gegooi en baie versigtig teruggedra kar toe. Terwyl die nonne die petrol in die kar gegooi het, het daar twee mans verbygery. Hulle het verbysterd na die nonne gestaar en die een man het opgemerk: “Dit, Fred, is wat ek ware geloof noem!” Vir hulle het die nonne se aksie dwaas gelyk. Die probleem was dat daardie ongelowiges nie geweet het wat die waarheid was nie. Hulle is aangenaam verras toe die nonne ‘n kort rukkie later op die snelweg by hulle verbygejaag het!
Die Bybel sê: “As ‘n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil,” (Heb. 11:6). Jy het geloof nodig om kieries en bedpanne te sien as “die instrumente wat jy benodig om die werk te doen!” Wanneer jy vir God gee wat jy het,
© Kopiereg 2007 Radiokansel www.radiokansel.co.za



