Empatie met ander mense (1)

weeg030713

weeg030713In 1883 was die digter Ella Wheeler Wilcox per trein op pad na ‘n openingsbal toe sy ‘n vrou sien huil. Wilcox het haar vir die res van die reis getroos, en toe sy by haar bestemming kom, was sy nie lus vir die partytjie nie. Later het sy die aanvangsreëls van haar gedig Solitude geskryf: “Lag, en die wêreld lag saam met jou; treur, en jy treur alleen.”

Holly Vicente Robaina sê: “As hul vriende seergekry het, sê Christene hulle sal vir hulle bid. Sommige kere genees God… maar soms is daar geen wonderwerk nie… net hartseer.” CS Lewis het die volgende oor die verlies van sy vrou geskryf: “Waar is God? Gaan na Hom toe as jy hom desperaat nodig het en wat kry jy? ‘n Deur wat in jou gesig toegeslaan word en die klank van die grendel en ‘n dubbele grendel aan die binnekant.”

Lewis sou nie getroos gewees het deur “God is lief vir jou… ek sal vir jou bid” nie. Ons moet ons woorde weeg voor ons praat. Gebruik ons “bemoediging” om iemand se pyn te ignoreer omdat ons dit nie wil hanteer nie? Bedoel ons wat ons sê, of resiteer ons net hoflike cliches? As ons belowe om vir iemand te bid, gaan kyk ons later hoe dit met hulle gaan? Wonder jy ooit hoekom Jesus by Lasarus se graf gehuil het? Hy kon net vir die roubeklaers gesê het: “Alles is reg, vriende. God is lief vir jou” en Lasarus laat opstaan het.

In plaas daarvan het hy sy liefde gewys deur saam met hulle te huil.

Bron : Radiokansel

Scroll to Top