Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Beheer jou woede (2)
‘n Slegte humeur is nie iets om op trots te wees nie, maar iets waaroor jy moet bid. Wanneer jy jou speelgoed uit die waentjie uitgooi, ontbloot jy net jou weerloosste gevoelens. Elkeen van ons wat dit al gedoen het, was na die tyd bitter spyt daaroor. Die Bybel sê: “Moenie kwaad word nie dit bring net ellende,” (Ps. 37:8, NAV), want God weet dat ons die volgende sal moet verduur:
(1) Stres: Wanneer jy te veel goed in ‘n te kort tydjie probeer doen, stel jy jouself bloot aan stres! Soos ‘n vioolsnaar wat te styf gespan is, gaan jy op die ou end uitmekaar skiet en dan skuldig voel omdat jy nie ‘geestelik’ genoeg is nie. “Lê jou daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het,” (Rom. 12:3, NAV). Dit is altyd moontlik dat iets kan skeefloop, dus moet jy gereed wees daarvoor en tyd vir die onverwagse inruim.
(2) Frustrasie: Dit word gedefinieer as ‘iets of iemand wat jou aanhoudend ontstel’. In ‘n onlangse nuusberig is daar vertel van ‘n man wat op sy bergfiets gaan jag het. Toe die bergfiets gebreek het, het hy dit flenters geskiet. Heeltemal mal! Dit maak nie sin nie, maar soos Robert Green Ingersoll gesê het: “Woede is ‘n wind wat die lamp in die verstand uitdoof.”
(3) ‘n Persepsie dat jou regte geskend is: Wanneer jy kwaad rondloop, gooi dit ‘n skadu oor jou oordeelsvermoë, want jou enigste stuk gereedskap is ‘n hamer en elke probleem lyk soos ‘n spyker. Die punt is net, dit gaan nie altyd oor jou nie! Dit is veral waar in ‘n huwelik. Jesus het gesê as jy wil ontvang, moet jy eers leer om te gee (sien Markus 9:35).
(4) Goed wat jou waardes op die proef stel: Soms is genoeg, genoeg, en mag jy nie stilbly nie. Toe Jesus kwaad geword het in die tempel, was dit as gevolg van die oneerlike praktyke wat daar binne aan die gang was, en omdat die mense uitgebuit is. In hierdie geval geld Jakobus se woorde: “As iemand weet wat die regte ding is om te doen en hy doen dit nie, is dit sonde.” (Jak. 4:17, NAV).