
Jy weet as kompeteerders jou uitgekies het as hulle volgende teiken. Hulle wil gedurig weet hoe jy presteer. Watter soort werk doen jy? Wie ken jy? Wat ry jy? Waar eet jy uit? Hoe en waar hou jy vakansie? Dan weet hulle daar op die plek of jy ernstige kompetisie is, of nie. Die oplossing? Moenie deelneem aan kompetisies met ander om jouself te bewys nie. Die Here het jou ‘n mens in eie reg gemaak. Jy hoef jouself nie teenoor ander te bewys nie, veral nie teenoor kompeteerders met ‘n swak selfbeeld nie. Wees tevrede met wie en wat jy is. Doen dit wat jy elke dag doen tot die beste van jou vermoë. Doen dit vir die Here soos wat Paulus in Kolossense 3 skryf en laat die kompeteerders begaan. Dis nie die moeite werd om op hulle speelveld volgens hulle skeefgetrekte spelreëls te speel nie.
Stephan Joubert

