Goedheid

woman-at-well 4b9aa

woman-at-well 4b9aaOns loop elke dag geleenthede mis om goed te wees vir mense net sodat ons ‘n paar sekondes kan spaar. Een outeur skryf: “Wanneer ek mense as struikelblokke hanteer, of as ‘n middel om dinge gedoen te kry, word ek ‘n kleiner mens. Met elke neerhalende kyk. elke kortaf antwoord, verloor ek ‘n bietjie meer van myself. My verhouding met God lei skade.” Paulus sê: “…die vrug wat die Gees voortbring, is. goedheid.” (Gal 5:22 NLV).

Jy kan God nie liefhê sonder om goed te wees vir dié vir wie Hy lief is nie. Toe Rut en Naomi as weduwees agtergelaat is, het Rut vir haar skoonma gesê: “Moenie my vra om om te draai en Ma alleen te los nie. Mag die Here iets slegs aan my doen as iets anders as die dood ons twee sal skei.” (Rut 1:16 – 17 DB). Of wat van Dawid en Mefiboset? In ‘n tyd toe nuut verkose konings die lede van die vorige koninklike huishouding verban het, het Dawid Jonatan se seun uitgesoek en gesê: “Ek sal vir jou net goed wees omdat ek en jou pa, Jonatan, sulke goeie vriende was.” (2 Sam 9:7 DB). Dink aan die Sunemmitiese vrou wat ‘n klein kamertjie vir Elisa gebou het sodat hy “daarin. [kan] oorbly.” wanneer hy moeg is (2 Kon 4:9 – 10 NLV). Jy berou nooit goedheid nie. Og Mandino sê: “Behandel almal wat jy ontmoet asof hulle teen middernag dood gaan wees.

Behandel hulle met al die sorg, goedheid en begrip wat jy kan. en jou lewe sal nooit weer dieselfde wees nie.”

Bron : Radiokansel

Scroll to Top