
Talle vegters van die Bybel het God se guns verbeur omdat hulle slegs op hulle eie belang gefokus het. Lot het die vrugbare vlaktes van die Jordaanvallei gekies, maar sy gesin in die proses verloor. (Genesis 13:10-11). Die ryk jong man kon ‘n dissipel van Jesus gewees het, maar sy besittings was vir hom belangriker (Markus 10:22). Hoe meer ons het, hoe stywer klou ons gewoonlik daaraan. Jesus het gesê, ‘As jy jou lewe vir jouself wil hou, sal jy dit verloor. Maar as jy jou lewe vir My opgee, sal jy ware lewe vind.’ (Lukas 9:24). Paulus het geskryf, ‘Al is my lewe kosbaar, ag ek dit van geen waarde as ek nie my lewenstaak en my bediening wat ek van die Here Jesus gekry het, kan klaarmaak nie…’ (Handelinge 20:24).
Die veiligste plek – die enigste plek – is in die wil van God!
Bron : Radiokansel



