
Tydens ‘n hongersnood het God aan die profeet Elia gesê: ”’Gaan in ‘n oostelike rigting en kruip weg by die Kritspruit…Uit die spruit kan jy water drink en Ek sal die kraaie beveel om vir jou kos te bring.” Elia het gedoen soos die Here hom beveel het…Die kraaie het soggens en saans vir hom brood en vleis gebring, en hy het water uit die spruit gedrink.’ (1 Konings 17:3-6 NLV). God se plan vir jou lewe het altyd met ‘n plek te doen. Jesus ‘…moes deur Samaria reis.’ (Johannes 4:4 NLV). Hoekom? Om die vrou te ontmoet wat bestem was om die Evangelie aan die stad te bring. Jy kan nie maar net gaan waar jý wil nie; God se seën rus daar waar Hy jou wil hê. Hy moet jou soms eers ‘regskuif’ voor jy die seën kan ontvang. Rut moes na Bethlehem gaan om Boas te ontmoet en met hom te trou. Dit was eers toe die blinde man na Jesus gekom het, dat hy sy sig gekry het. Waar jy is, máák saak!
Bron Radiokansel / Bob en Debby Gass (Inhoud aangepas)



