Hoe om teëspoed te hanteer (2)

caribaen

caribaenGod het Israel vir 40 jaar deur die woestyn gelei. Hulle kon kies om daar om te kom, of om Hom te vertrou om hulle veilig na die beloofde land te bring. Een skrywer skryf: “Hoeveel keer het jy in jou lewe van koers verander, eerder as om deur die swaar tye tot by God se beloftes te kom? Hy wil hê dat jy die seën sal ontvang wat op jou aan die ander kant van die Jordaan wag. Het jy die moed om die uitdagings die hoof te bied, of sal jy teruggaan en met die tweede beste tevrede wees?

As jy ‘n uitdaging moet oorkom wat tussen jou en jou belofte staan, lees Josua 1:9 en Daniel 10:19 vir moed.” Die landskap van Florida se Everglades het plek-plek maer, primitiewe bome, bekend as Karibiese dennebome. Hulle floreer in ‘n ruwe omgewing, kan lang tydperke van droogte en brand weerstaan, en staan vas teen die hewigste orkane. Inteendeel, as jy hulle in ‘n gunstige omgewing plant, verdor en vrek hulle gewoonlik. Joni Eareckson Tada sê: “Soos Karibiese dennebome, floreer ons siele gewoonlik nie as dit goed gaan nie. Ons harte raak selfgenoegsaam, ons behoefte aan God raak minder dringend, en ons gebedslewe droog op. As ons in ‘n mooi omgewing is waar daar in al ons behoeftes voorsien word en elke hulpbron binne ons bereik is, verdor ons siele.

Moet nooit onafhanklik raak van God nie.

Bron : Radiokansel (Inhoud aangepas)

Scroll to Top