Baie van hierdie werk vind in jou karakter en in jou persoonlike wĂȘreld plaas. Ken jy ook mense wat moes uitstyg bo die res maar nie het nie? Hulle het al die talent gehad wat hulle ooit sou nodig kry, maar dit nie gemaak nie. Hulle vriende, gesinne, afrigters en base sien hoe begaafd hulle is en wonder hoekom hulle nie aan die verwagtinge voldoen nie. Hulle talente het die deure oopgemaak, maar hulle verkeerde keuses het dit weer toegemaak.
Kyk bietjie na Nehemia se talent. Hy het Jerusalem se mure in minder as twee maande herbou – ‘n ongelooflike daad! Kyk nou na Nehemia se karakter. Terwyl sommige van sy eweknieĂ« geld teen sulke belaglike koerse uitgeleen het, dat mense dit nie kon terugbetaal nie, het hy gesĂȘ: “Dit is nie goed wat julle doen nie,” (Neh. 5:9, OAV). Toe het hy aangekondig: “Ek het nie so gemaak nie, uit eerbied vir God. Ek het my volle gewig ingegooi by die werk aan hierdie muur,” (Neh. 5:15-16, NAV).
Wil jy jou karakter ontwikkel? Volg dan in sy voetstappe!
George Bernard Shaw het gesĂȘ: “Mense blameer gedurig hulle omstandighede vir wat hulle is. Suksesvolle mense soek na die omstandighede wat hulle wil hĂȘ, en…