Los uit!

PC

Een van ons besigheid se grootste omwentelinge het een aand ons pad gekruis toe ek in ‘n gastehuis in Johannesburg op my skootrekenaar sit en werk het en ek praat met ‘n boeta en hy vertel my hoe lekker hy nou vanaf sy huis op sy rekenaar by sy werk kan konnekteer om daarop te werk.

So spring ek op die internet opsoek na so iets en ek kom af op soortgelyke sagteware behalwe dat ek nou met ons kliente se rekenaars kan koppel om ondersteuning so te kan gee. In hierdie daarop volgende twee weke het daar nogal iets snaaks gebeur met hierdie konsep. ‘n Klient stuur ‘n e-pos dat sy sukkel met iets en ek stuur op my beurt die skakel om te kan koppel met haar rekenaar om die probleem op te los.

Alles verloop lekker vlot totdat ek vermoed sy dalk ingedagte geraak het en ewe skielik gaan sy aan met werk op haar rekenaar, maak e-posse oop – loer na hierdie en toe na daardie, terwyl ek maar in stilte sit en wag dat sy klaar maak, beheer van haar rekenaar se muis oorneem en haar probleem uitsorteer.

Wat natuurlik baie gebeur is as twee mense dieselfde muis probeer beheer.

Dit is chaos… Is ons eie “problem solving” nie maar ook so soms nie? Terwyl Vader besig is om iets vir ons uit te sorteer, vergeet ons om Hom te vertrou en dat Hy reeds besig is om die probleem uit te sorteer en karring aan op ons eie, totdat ons weer besef dat ons nie die probleem kan uitsorteer op ons eie nie.

Dis nie maklik om altyd te “let go and let God” nie. Ons natuur is nou maar een van “take control and sort out yourself”.

Wat sal ons dan nou sê, “Los uit! jy gaan in elkgeval ‘n flop maak as jy dit self probeer uitsorteer.

Blessings, Johann

Scroll to Top