Weg van minste weerstand

notmyjob

Soms kies ons die weg van minste weerstand vir probleme op ons lewenspad. Dit lyk of dit te moeilik is probleme om uit die weg te ruim en dan, wanneer ons terugkyk na die resultate van ons besluite is dit soms skrikwekkend om te sien watter besluite ons geneem het.

Dink net, as jy so na die foto kyk, hoe hierdie pad sou lyk oor ‘n 100 km as dieselfde standaarde gehandhaaf word.

Kyk vandag rondom jou daar waar jy werk, daar waar jy in ‘n winkelsentrum is, selfs ook in die kerk ja. Kan jy die gebroke harte sien op die spoor wat ander gelaat het? Die weg van minste weerstand wat vir jou pas, maar ander kan benadeel?

Handhaaf vandag ‘n gesindheid van: ” I draw perfect lines by firstly preparing the way before I start painting”

Johann

Scroll to Top