Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Kry jou kop reg
Dié dinge waarop jou kop ingestel is, sien jy heeltyd raak. Later is dit die enigste temas waaroor jy praat, dink en droom. Vat maar daardie ‘donkerkant-eerste-raaksieners’. Hulle sien graag moeilikheid raak en praat ook aanhoudend daaroor. Dalk ken jy ‘n paar van hul geliefde uitdrukkings – “Waar gaan alles heen?” Of: “Dis klaar met ons!” Wat van daardie immergroene wat deesdae weer orals kop uitsteek: “Hier’s g’n toekoms meer nie!” As dit dalk jou soort taal is, dan’s dit hoogtyd dat jy jou kop vars instel. Hoe? Paulus sê in Kolossense 3:2 ons moet ons gedagtes op Christus rig. Net dit. Dis regtig so eenvoudig, én so lewensveranderend soos dit.
Ons moet ‘n nuwe beeld van Christus se grootheid, goedheid en nabyheid in ons koppe kry. Hy moet weer van vooraf, of dalk regtig vir die eerste keer, ons nuwe Held word. Dit kan slegs gebeur as ons bereid is om daagliks agter Jesus aan op sy reispad te stap. En as ons sy Boek gereeld as ons reisgids lees en oordink. Vul jou kop nou dadelik met die regte dinge … nee, vul dit met die regte Persoon! Dan is jou lewe oorvol.
In "What the World Owes to Christians" vertel Dr Victor Pearce die verhaal van die ontstaan van die tikmasjien. 'Dis deur 'n Christen, Christopher Sholes,…
David Rabin was ‘n mediese professor by Vanderbilt Universiteit. Op 46-jarige ouderdom is hy gediagnoseer met Lou Gehrig-siekte. Hy het geweet wat om te verwag:…