Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Om op water te loop (2)
Die waarheid oor op-die-water-loop is: die vrees verdwyn nooit! As jy wil groei, moet jy nuwe terrein betree, en elke keer sal jy vrees ervaar. Vrees en groei gaan hand aan hand. Die besluit om te groei beteken dat jy kies tussen risiko en gemak. Elke keer wat jy uit die skuit klim, maak die volgende keer makliker. Die vrees verdwyn nie; jy leer net om daarmee saam te leef. Jy besef dat dit nie die mag het om jou te vernietig nie. Die teendeel is ook waar: Elke keer as jy kies om in jou skuit te bly eerder as om Christus te gehoorsaam wanneer Hy sê: “Kom”, sal die stemmetjie binne jou net stiller raak, totdat jy dit uiteindelik glad nie meer hoor nie.
Het Petrus misluk? Nee. Behalwe vir Jesus, was hy die enigste mens wat ooit op water geloop het. Mislukking is nie wát met ons gebeur nie, maar hoe ons daaroor dink. Petrus het die vreugde geken om deur God in staat gestel te word om die menslik onmoontlike te kan doen. Om op water te loop, verander jou eens en vir altyd. Petrus het die genade geken van Jesus wat hom optel in ‘n oomblik van desperaatheid. Hy het op ‘n unieke manier verstaan dat wanneer jy klein geloofstreëtjies gee, die Here jou nooit sal laat verdrink nie. Hy het ‘n ervaring met Christus gedeel wat die ander nie gehad het nie. So, mislukking is nie om te sink in die golwe nie; dit is om nooit uit die skuit te klim nie!
“as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard,” Jakobus 1:3. Uithouvermoë beteken om “koers te hou.” Uithouvermoë is maar net…