Werp jou brood op die water

tyres0209

‘n Vrou het eenmaal in snikhete weer op ‘n stil pad verby ‘n bejaarde man gery. Hy was besig om sy motor se pap band te probeer omruil. ‘n Vrou alleen kan nie te versigtig wees nie; sy kon net hoop dat iemand sou opdaag om te help. Die vrou het tog teruggedraai. Die moeë, natgeswete ou man het geprewel, ‘Dankie. Ek het gebid dat iemand sou stop.’ Die vrou het met haar selfoon hulp ontbied en by die ou man gewag.

Die ou man, Bill Krumweide, het aangebied om haar te vergoed, maar sy het gesê, ‘Net om te weet dat ek die antwoord op ‘n gebed is, is meer as genoeg.’ Tien jaar later was dieselfde vrou bekommerd oor haar bejaarde pa wat nie meer die plaaswerk kon behartig nie. Sy het die hulp van ‘n vrywilligerorganisasie ingeroep en vier mans het opgedaag. Een van hulle het bekend gelyk en by navraag het sy vasgestel dat hy die seun van Bill Krumweide was. ‘Dankie dat jy my pa daardie dag gehelp het,’ het hy gesê. ‘Ek is die een wat by jou in die skuld is’. Dis wonderlik hoe een goeie daad ‘n ander tot gevolg gehad het en ‘n band van dankbaarheid tussen ons families geskep het. En dit het begin met ‘n ou man se gebed.’ Werp jou brood op die water: ‘Die werk van hulle hande gee hulle ook baie voorregte.’ ‘…God roep elkeen tot verantwoording vir wat hy gedoen het.’ (Spreuke 24:12). Die Bybel sê, ‘Julle weet mos dat die Here elke mens wat sy werk goed doen, sal beloon’ (Efesiërs 6:8).

Bron : Radiokansel

Scroll to Top