Ek merk die pyn op haar gesig en die mank stap, soos sy tussen die tafels rondbeweeg om kliënte te bedien. Ek hoor hoe iemand vir haar vra wat makeer. Sy het haar voet geswik. Moet erg wees as ek kyk hoe sy loop. “Jong jy moet vir jou iets aansmeer of ‘n pilletjie drink” hoor ek een van die kliënte haar aansê. “Ja” sê sy met ‘n verleë glimlag.
Iemand verskoon haarself van ‘n tafel en loop uit. Minute later kom sy terug met ‘n pakkie in haar hande. Seker gou iets gaan koop som ek die situasie op. Ek sien hoe die persoon die pakkie aan die kelnerin oorhandig en sê “Hierso, smeer die salf aan, dit sal help”
My gedagtes word stilgeruk, ek dink aan die woorde in in Jakobus 2:16 (b) en sê nou een van julle sou vir hulle sê: “Mag dit met julle goed gaan; gaan trek julle warm aan en eet genoeg,” maar julle gee nie vir hulle wat hulle nodig het om van te lewe nie, wat help dit dan? 17. So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood.
Hoe maklik praat kan ons soms praat, “laat dit met jou goed gaan, slaap warm en eet genoeg kos”, dan gaan ons aan met ons lewens. Hierdie kelnerin werk in die Wimpy, verdien dalk ‘n tip van R 2.00 per tafel, moet die hele skof met ‘n pynlike enkel rondloop en iemand kom en sit woorde om in aksie en iets gebeur; pyn word verlig.
Soos Jakobus hierbo sê, kom ons doen dieselfde met ons geloof vandag, sit dit om in ‘n daadwerklike poging om die daad by die geloof (behoefte) te voeg, begin daardeur momentum om God se krag te beweeg.
Johann