Goddelike vrede

peace1401

peace1401Kommer is iets wat jy in jou lewe toelaat, vrede is iets wat jy moet nastrewe. Jesus het gesê, ‘…Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie…’ Dit beteken dat jý wat in jou gemoed gebeur, kan beheer.

Hoe? Deur twee dinge te doen:

1) Deur jou gemoed met God se Woord te vul. Nie die Woord wat jy net terloops lees nie, maar die Woord wat jy met jou verstand inneem en prosesseer, die Woord wat jy op elke situasie toepas, en die Woord waarop jy in krisistye steun.

2) Deur elke gebeurtenis in God se hande te plaas en met vertroue daar te laat.

Gebruik hierdie gebed om dit te doen:

‘Here, daar is paniek! Almal oorval my. Daar is te veel om te doen, en te min tyd. My kop is deurmekaar en my hart wil breek. Here, waar is U? Ek voel soos die dissipels in die boot tydens die storm. My kreet is dieselfde as hulle s’n, “Gaan roep vir Jesus – ons gaan verdrink!” Die storms van my lewe is besig om my bootjie te laat sink; ek kan nie meer nie. Prins van Vrede, ek het U nodig. Vader, wat nooit sluimer of slaap nie, neem asseblief oor.

Ek het die bemoediging en dapperheid wat U Gees kan gee nodig. Praat, Here, die wind ken U stem. Gee asseblief aan my ‘n stil plek in U, ‘n plek vir my kop aan U bors, waar ek U hartklop kan hoor en waar ek veilig kan voel. Amen.’

Bron : Radiokansel

Scroll to Top