Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Eerlikheid
‘n Bekendste storie oor leuens uit die Amerikaanse geskiedenis, is die een oor George Washington wat die kersieboom afgekap het. Toe sy pa hom vra wie dit gedoen het, het hy gesê, “Ek kan nie jok nie; ek het dit met my klein byl afgekap.” Hierdie storie is oorvertel in ‘n boek oor hom, geskryf in die negentiende eeu – maar hy het die hele storie opgemaak. Is dit nie ironies dat die bekendste storie wat daaroor handel om nie te lieg nie, eintlik self ‘n leuen is nie? Dit blyk dat eerlikheid steeds nie volop is nie. Politici maak beloftes wat hulle verbreek, bemarkers lieg oor hul produkte, werksoekers dik hul ervaring aan, winkels verhoog hul pryse kunsmatig, studente steel vraestelle en getroude paartjies lieg vir mekaar oor hul finansies en getrouheid.
Die finansiële kundige, Larry Burkett, meen dat 50% van mense wat beweer dat hulle Christene is, die regering verkul met hul inkomstebelasting opgawes. In Amerika bestaan ‘n spesiale bankrekening waar mense geld kan inbetaal wanneer hul gewetens hul pla oor die geld wat hulle die regering skuld.
Ons wil die reëls volg, maar is ook bereid om hulle te verbreek as ons dink dat ons daarmee kan wegkom. Ons redeneer dat as almal anders dit doen, dit tog sekerlik nie so ‘n groot probleem is nie. Verkeerd! God se Woord sê, “Die Here verafsku mense wat hulle woord breek. Hy hou van mense wat by hulle woord staan.” (Spr 12:22 NLV).
 Dit is wys om “veiligheidsnette” soos spaargeld, versekering en beleggings te hê. Lewenstorms kom skielik en onverwags. Wat gaan jy doen om op sukses…