Aanvaar jouself

RKLogo_Reg

RKLogo_RegSlegs deur jouself op ‘n gesonde manier lief te hê, kan jy ander liefhê volgens God se bedoeling. Wanneer jy jouself nie liefhet nie, in onsekerheid leef, en gedurig na ander kyk vir aanvaarding. Wanneer jy nie aanvaarding kry nie, verkrummel jou eie-waarde. Daarom lewe jy ver onder jou potensiaal. Jy is die enigste persoon waarvan jy nie kan wegkom nie, so as jy jouself nie kan aanvaar nie, sal jy ongelukkig wees. Stop en dink aan die laaste maal wat jy saam met iemand was wie se geselskap jy nie geniet het nie – hoe het dit gevoel?

Of dit goed of sleg is, jou gedagtes en gevoelens word op ander rondom jou geprojekteer. As jy wil hê mense moet goed van jou dink, moet jy ‘n goeie opinie van jouself hê – gebaseer op God se Woord en gevoed deur die regte verhoudings. Die Bybel waarsku ons daarteen om nie ‘n opgeblase opinie van onsself te hê. Maar moenie na die ander ekstreem beweeg nie! As jy met aanhoudende selfveragting lewe, is dit ‘n uitnodiging aan Satan, wat altyd “rondloop soos ‘n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind,” (1 Pet. 5:8, NAV). Moenie in sy skoot val nie!

Paulus skryf: “Ek weet immers dat die goeie nie in my woon nie, nie in my sondige aard nie,” (Rom. 7:18, NAV). Dit beteken dat die goeie kwaliteite wat jy besit, getuienis daarvan is dat God in jou lewe werk. Jy moet hulle dus beslis erken. Die Bybel sê: “Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie” (2 Kor. 4:7). In plaas daarvan om op jou foute te konsentreer en sleg oor jouself te voel, herken eerder die “skat” van God se teenwoordigheid, mag, en potensiaal wat in jou lewe, en bou daarop voort.

© 2009 www.radiokansel.co.za

Scroll to Top