Vriendskap met God word in stand gehou en versterk deur konstante meditasie. Jy kan slegs ‘n vriend van God wees deur te weet wat Hy sê. Jy kan God nie liefhê as jy Hom nie ken nie en dis slegs moontlik deur die Bybel. ‘Die Here het sy woord aan Samuel geopenbaar.’ (1 Samuel 3:21). Jy kan miskien nie die hele dag aan Bybelstudie toewy nie, maar jy kan deur die dag oordink wat jy gelees het. Meditasie is nie ‘n uitheemse misterieuse ritueel nie, dis eenvoudig toegespitste denke – ‘n vaardigheid wat enigeen kan aanleer.
Wanneer jy oor ‘n probleem tob, is dit kommer. Wanneer jy oor God se Woord nadink, is dit meditasie. Jy weet goed hoe om jou te bekommer, dus weet jy klaar hoe om te mediteer. Verskuif net jou aandag vanaf die probleem na die oplossing! Hoe meer jy oor God se Woord mediteer, hoe minder sal jy hê om jou oor te bekommer. Hoe meer tyd jy aan die Skrif wy, hoe meer sal jy die geheime daarvan verstaan. Die Psalmdigter het gesê, ‘Die Here se voorneme is duidelik vir die wat Hom dien. Aan hulle maak Hy sy verbond bekend.’ (Psalm 25:14). Nadat Jesus Sy dissipels ‘vriende’ genoem het, het Hy gesê, ‘Ek [het] julle uitgekies om julle in staat te stel om te gaan vrugte dra, vrugte wat sal hou. So sal die Vader aan julle gee net wat julle ook al in my Naam vra.”‘ (Johannes 15:16). Die voordele van vriendskap met God sluit ‘n oorvloedige lewe en beantwoorde gebede in. Word ‘n vriend van God deur Sy Woord te lees, te verteer en te oordink.
Bron : Radiokansel (Inhoud aangepas)