Die Golf Oorlog wat destyds erg (amper skryf ek “mooi”) aan die gang. As ek reg kan onthou was dit in die laat tagtigs. Ek kan die dag goed onthou en spesifiek waar ek ook geloop het die oomblik toe die gedagte waaroor ek wil gesels by my opgekom het.
Julle sal seker kan onthou dat die olievelde erg aan die brand gesteek is en dat die rookkombers selfs uit ‘n satellite sigbaar was. In hierdie tyd was daar so ‘n belewenis onder sekere Charismate oor die eindtyd.
Vrees oor die toekoms…
In Openbaring sal jy lees dat God wel sekere magte aan die vyand gee, maar nooit ooit is dit buite God se beheer nie. Hy besluit wie, wat, hoe en wanneer. Miskien is dit vir ons soms moeilik om verby die aardse bestaan te kyk. Ja, ons almal sien uit na die hemel, maar dalk begryp ons nie altyd regtig wat dit behels nie.
Kom ons bemoedig mekaar vandag met die wete en dit is; As God vir ons is, wie kan teen ons wees. Wie kan ons uit God se hand ruk. Wie kan ons van die liefde van God skei?
Niemand of niks nie!
Johann