
1) Bid gelowig. Om in ‘n verhouding van goeie trou te staan, beteken dat al twee partye mekaar vertrou. Die vertroue is ‘n rasionele besluit wat gemaak word deur hulle wil; nie deur emosies nie. Geloof is jou wil wat besluit dat God Sy beloftes aan jou sal nakom. Jy moet weier om te sê: “As ek maar net meer positief kon voel.” Jesus het gesê: “Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees.” (Markus 11:24 NV).
2) Kry geloofsvriende wat saam met jou kan bid. “…bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word.” (Jakobus 5:16 NV). “Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal My Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry…” (Matteus 18:19 NV).
Bron : Radiokansel



