
Die Bybel leer drie dinge oor geld:
1) Wanneer jy ‘n goeie bestuurder van jou besittings is , sal God meer aan jou toevertrou. ‘…het hy hierdie slawe aan wie hy die geld gegee het, geroep met die doel om agter te kom watter wins hulle gemaak het. Die eerste het aangetree en gesê: ‘Meneer, u muntstuk het ‘n wins van tien muntstukke opgelewer.’ Sy reaksie was: ‘Goedgedoen, goeie slaaf; omdat jy in die geringste getrou was, kry jy nou beheer oor tien stede.’ (Luke 19:15-17 NLV).
2) Wanneer jy ander dien, sal God meer aan jou toevertrou. Toe Job die fokus van homself na ander verskuif en vir húlle gebid het, ‘… het die Here hom twee keer soveel gegee as wat hy voorheen gehad het.’ (Job 42:10 NLV).
3) Wanneer jy die materiële kan versaak om God se wil te doen, sal God meer aan jou toevertrou. Abraham het die veiligheid van sy huis verlaat en getrek soos God beveel het, en ‘n baie ryk man geword. Die ryk jong man, aan die ander kant, wou Christus nie volg nie, omdat dit te veel sou kos. (Sien Markus 10:17-22). Wat was die koste? Alles!
Bron : Radiokansel




