
In Een minuut deel die skrywer sy eie en ander se stories en ervarings om te wys watter verskil elke leser kan maak ten opsigte van ’n kind se ontwikkeling. Elkeen van die ses afdelings fokus op dit wat lesers in net een oomblik vir ’n kind kan doen. ’n Oomblik om …
- te red
- eiewaarde op te bou
- karakter te vorm
- talent te ontdek
- die gees te laat ontwikkel
- ’n roepingsbesef te kweek
Soms neem dit ’n enkele oomblik om ’n lewensveranderende verskil in ’n kind se lewe te maak … ’n drukkie, ’n kompliment, opregte applous.
Jy hoef nie ’n onderwyser, ouer, leraar of ’n dokter te wees om ’n verskil in ’n kind se lewe te maak nie. Jy moet net bereid wees! (Lees meer)




