Hoop vir ʼn tyd soos hierdie

boodskap

boodskapVoel jy dikwels oorweldig – dat jy nie inpas nie? Dit is nie noodwendig ’n slegte ding nie, sê Braam Hanekom. Christene is juis geroep om anders te wees, om ’n verskil te maak. Om op te staan teen die stroom.

In Hoop vir ʼn tyd soos hierdie gee Braam die bemoediging dat Christene die voorreg het om te weet dat God hulle deur hierdie uitdaging sal dra en hulle help om ’n verskil te maak.

In dié boek behandel Braam 50 temas wat vir Christene vandag ’n opdrag of uitdaging is, soos: nederigheid, leierskap en eensaamheid, geweld, moeë gelowiges, stygende verwagtinge, versoening en hoe om reg te bid. Elke hoofstuk sluit af met ’n belofte van hoop uit die Skrif.

Hoop vir ʼn tyd soos hierdie sal lesers help om standpunt in te neem en self die verskil te wees wat hulle in vandag se veranderende wêreld wil sien. ( Lees meer )

Scroll to Top