Ontdek ’n prettige manier om die regte grondslag te lê vir kinders se geloof.
Met 7 ritmes vir kinders gee Tom en Lollie Smith vir ouers (en ander versorgers) handige wenke oor hoe om kinders te lei om meer soos Jesus te wees en ’n verhouding met Hom te hê. Deur hierdie praktiese beginsels herhalend in kinders se lewe toe te pas, vorm dit ’n ritme om hulle meer en meer soos Jesus te laat word.
Deel 1, met breë kantlyne vir notas, fokus op die struikel-blokke vir kinders en die proses van verandering.
Deel 2 fokus op die sewe goddelike ritmes:
1. God is liefdevol en ontmoet ons waar ons is.
2. God is altyd beskikbaar en wil graag met ons ’n verhouding hê.
3. God is die weg en genees ons om in sy karakter te groei.
4. God is die Koning en vra ons om met ons talente sy koninkryk uit te bou.
5. God is drie-enig en nooi ons uit om in ’n gemeenskap te leef.
6. God is lief vir die hele wêreld en stuur ons om ook lief te hê.
7. God is kreatief en roep ons om Hom te volg in ons hele lewe.
Elke hoofstuk in 7 ritmes vir kinders sluit af met be-sprekingsvrae en ’n praktiese oefening vir die gesin. Ouers en ander versorgers kan ook ( Lees meer)