
Elke hoofstuk in hierdie omnibus kyk na verskeie vrae rondom ʼn kwessie wat deel vorm van die Christen se daaglikse lewe en denkwêreld. Die gedeelte eindig dan met ʼn “pleister” of troosboodskap wat die seer rondom die bepaalde kwessie kan genees.
Riekert bespreek relevante vrae wat gelowiges daagliks hoor of self vra, soos: “Hoekom moet ons bid as God in elk geval alles weet?”, “Hoekom het God Vigs toegelaat?” en “Gaan my troeteldiere hemel toe?”
Pleisters vir die siel – omnibus,met sy meer as 90 geestelike pleisters, is ’n moet vir lesers. Die kort boodskappe het waarlik ’n kragtige impak. (Lees meer)



