7 ritmes binne 7 dae

7 ritmes binne 7 dae

7 ritmes binne 7 daeIn vandag se gejaagde lewe is dit belangriker as ooit om in pas te kom met Jesus. Andries Enslin en Tom Smith bespreek in 7 ritmes binne 7 dae hoe ons dit kan doen aan die hand van die volgende 7 ritmes:

  • God is liefde: God se liefde is onbeperk en alles is moontlik omdat Hy ons liefhet. Daarom moet ons ander liefhê.
  • God is beskikbaar: God is alomteenwoordig en ons moet inskakel by Hom en ander.
  • God is die weg: Hy is die weg tot genesing en wil hê ons moet in sy karakter groei.
  • God is Koning: Hy verwag van ons om alles te gebruik om sy koninkryk uit te brei.
  • God is drie-enig: Ons mag en kan ook nie alleen staan nie.
  • God is lief vir die wêreld: God red alle mense en is lief vir alle mense.
  • God is kreatief: God is alomteenwoordig en alwetend – en Hy gebruik alles in ons lewe met ’n doel.

7 ritmes binne 7 dae is ideaal vir individue of kleingroepe en integreer Skrif­uitleg met praktiese raad, oordenkings, besprekingsvrae en oefeninge.

Hierdie boek, met sy wortels in die kykNET-program Die Woord, sal lesers inspireer om weer te besef God is oral en sy hartklop vir die wêreld moet weergalm in ons. (Lees meer)

Scroll to Top