
Die 26 hoofstukke neem lesers stap vir stap dieper in die geheim van Paulus se lewe in – hoe hy ontdek het dat hy nie in beheer is van sy lewe nie, maar dat Christus al sy woorde en dade rig.
Elke hoofstuk bevat spesiale afdelings: eers jou eie ervaring met ’n Skrifgedeelte; later nader aan jou eie ervaring; terugkyk op hoe jy dit in jou eie lewe ervaar het, en riglyne vir groepbesprekings. Enkele temas wat bespreek word, sluit in:
- wie is God?
- die boodskap wat alles omkeer
- die tronk waaruit ons almal moet ontsnap
- geloof vir die lewe
- gedra deur gebed
- die rykdom van God se vrede en blydskap
- wyse keuses en besluite
- die wonder van verbondenheid met mekaar
- een met die skepping (Lees meer)




