Hoe moet jy dink, optree en lewe om soos Jesus te wees? Of jy al Die Storie gelees het of nou nuut begin met Ek glo, hierdie boek sal die groot waarhede van die Bybel op ’n duidelike en toeganklike manier aan jou be-kendmaak.
Randy Frazee is die hoofredakteur van hierdie merk-waardige boek. Ek glo neem jou op ’n reis om in jou geloof, aksies en karakter meer soos Jesus te word. Die 30 hoofstukke in die boek is in drie oorhoofse temas verdeel:
- 10 sleutelgeloofsbelydenisse van die Christelike ge-loof
- 10 sleutelgewoontes van ’n volgeling van Jesus
- 10 sleuteldeugde wat kenmerkend is van iemand wat meer soos Jesus begin word
Elke hoofstuk bevat teks uit die Bybel Nuwe Lewende Vertaling met teksverwysings om jou te help om die tematiese storie van die Bybel te leef. Die besprekings-vrae waarmee die boek afgerond word, is ideaal om hierdie reis saam met ander gelowiges te onderneem. ( Lees meer )