Adrio König ondersoek in Hoop – ons lewensanker die lyn van hoop deur die Bybel: die hoop wat deur die Ou Testament loop dat God sy volk sal onderhou, dwarsdeur die Nuwe Testament tot vandag.
Deur die loop van Hoop – ons lewensanker beantwoord Adrio talle vrae wat gelowiges oor hierdie universele tema kan hê. Hy bespreek onder andere:
Wat is hoop?
Hoop in die Bybel
Hoop in die Ou Testament
Die besondere nadruk op hoop in Romeine
Hoop in die geskiedenis van Israel en die hoop van ’n nuwe verbond
Hoop vir ons: vir hier en nou, én vir die toekoms
Hoop – ons lewensanker sluit af met die sekerwete dat ons hoop nie gegrond is op omstandighede nie, maar in die ewige God. (Lees meer)