
In hierdie Bybelstudie, wat oor 10 weke strek met ge-noeg studies vir 5 dae van die week, kyk Beth na temas uit die boek Jesaja wat gaan oor die gevangenskap van God se kinders, God se getrouheid en die pad na vry-heid. Deur die Ou-Testamentiese volk in ballingskap te vergelyk met die Nuwe-Testamentiese gelowiges en die bestudering van die Skrif, help sy lesers die transfor-merende krag van vryheid in Christus ontdek. Die in-houd van Beth se DVD Breaking Free is ook tussen die week-studies ingewerk.
God wil hê gelowiges moet Hom ken en in Hom glo, Hom verheerlik, sy vrede ervaar en sy teenwoordig-heid geniet. Breek vry sal jou help om die hindernisse in jou lewe te identifiseer wat jou hiervan weerhou. ( Lees meer )




