
In Net soos Jesus beantwoord Johan Smit hierdie vraag vanuit ’n koninkrykperspektief. Die 38 studies is verdeel in 8 temas. Aspekte wat behandel word, sluit in:
- Bekering
- Vergifnis en versoening
- Hoe om diensbaarheid te wys
- Nederigheid
- Huwelik en gesin
Elke studie bevat Jesus se eie woorde oor die onderwerp, ander Bybelgedeeltes daaroor, die skrywer se besinning en vrae waaroor lesers kan nadink.
Net soos Jesus sal lesers toerus om op praktiese maniere te leef volgens Jesus se riglyne vir die koninkryk. Dit is ideaal vir individuele en groepstudie. (Lees meer)




