
Die boek deel gebeure en ervarings wat nog nie vantevore in die media bekendgemaak is nie:
Erwin maak sy hart oop en vertel met rou eerlikheid hoe die tragedie hulle verhouding geraak het.
Pippie se oupa en ouma verwoord hulle gevoelens.
Anice se ervaring van Pippie se baanbreker operasie met gekloonde vel – ’n eerste in Afrika!
Aangrypende vertellings van die dokters en spesialiste wat Pippie behandel het.
16 bladsye roerende foto’s – sommige wat die wêreld nog nooit gesien het nie.
Pippie vertel van ʼn ma se stryd met God en ’n wil om nooit moed op te gee nie. Dit is ’n inspirerende verhaal van ongekende deursettingsvermoë, vurige hoop en onwankelbare vertroue in God. (Lees meer)




