
In Om Jesus te volg gee Stephan Joubert en Johan Smith praktiese riglyne oor ware dissipelskap. Die 12 studies, vir individuele of groepstudie, bespreek temas soos:
- Wat dissipelskap is
- Wat dit vir gelowiges beteken om dissipels te wees
- Leefreëls vir dissipels
- God gebruik gewone mense
- Dissipels dien, dissipels doen!
Bybelse karakters uit die Ou en Nuwe Testament soos Barnabas, Paulus, Moses en Gideon word as voorbeelde gebruik om te sien hoe hulle hul dissipelskap prakties uitgeleef het.
Om Jesus te volg wys elke gelowige hoe om ’n navolgenswaardige voorbeeld te wees in die wêreld. (Lees meer)




