Zelda kom een aand met ‘n smaakvolle glimlag op haar gesig en ‘n bespeurende sarkasme in haar stem my kantoor ingewals, plak ‘n tydskrif voor my neer en verklaar plegtig (soos iemand wat sopas Newton se atoomwette verkeerd bewys het); “Hulle het ‘n naam vir jou siekte! Hulle noem dit rustelose-bene-siekte” Voorheen het sy bloot daarna verwys as, “Bomskok”
Kom hulle nie maar ‘n meer wetenskaplike naam hiervoor gegee het, wat dalk meer “impressive” geklink het nie? Iets soos die “Siekte van Keindoch” nie? ‘n Duitse of Franse naam. Nou klink dit soos “Blinkstefaans-se-drankprobleem”. Geen mens kan “trots” wees op so iets nie. Dis ‘n siekte wat ‘n mens nie in geselskap kan opbring nie. In plaas van dat dit simpatie sal ontlok, sal mense hulle skeur!
Eers genoeg oor my “siekte”.
Wel, alle katte leer hierdie bedreël vinnig aan. “Abide or fly”. Ons het in ons leeftyd al innoverende katte gehad. Hulle het verskillende variases probeer om toegang tot die bed te bekom. Lollie (wat 16 jaar oud geword het) was die beste. Hy het ge-“leopard crawl” of selfs soos ‘n trapsuutjie stadig nader beweeg, pootjie vir pootjie, net om sy gewig van die een voet na die ander te verplaas. Daardie taktiek het gewoonlik aan die begin gewerk. Ongelukkig vir hom was daar vele ontnugterende oomblikke waar hy in ‘n diep slaap “airborne” geraak het. Katte is egter welkom om onder die kombers in te klim, maar geen kat het nog ooit 10 minute vertoef nie. Hoekom weet ek nie, maar ek het agtergekom na 10 minute was hulle rigtingloos en lighoofdig…
In ons eie lewens moet ons waak dat sonde nie stilletjies naderkruip en lateraan vir ons kom vasval nie. As jy “klein” toegewings maak, kom pak hulle jou later toe. Anders as kat-afskop is die breek met sonde soms nie maklik nie. Die rede; dis ‘n manier hoe die vyand jou kom verstrengel. “Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie”, staan daar geskryf in Efesiërs 6, “maar teen die bose magte”. Al wat hy doen is om lokvalle te stel, nee, eerder spinnerakke, want sodra jy daarin vasvlieg, jou laat verstrengel en hoe meer jy spartel, hoe stywer laat toewikkel.
Laat die Here toe om jou hierdie klein jakkalsies vroegtydig uit te wys of te oortuig van deurdat jy jou hart na Hom draai in totale afhanklikheid.
Johann