Volg Hom

zebra1801

‘n Interressante feit uit ons wildrit was dat blesbokke nie wei met hulle koppe in die rigting van die son nie. Daar is ‘n vlieg wat in hulle neuse kan kom, eiertjies kan lê, wat die bokke nie teen die mure uitdryf nie, maar hulle die bosse kan injaag…

Dalk weet jy dit ook, iets anders baie interessants was ‘n opmerking van die veldwagter dat jy altyd Zebras en Blouwildebeeste naby mekaar sal kry. Die rede is dat Blouwildebeeste nie goed kan hoor nie, maar goed kan sien, en die teenoorgestelde nou weer by Zebras die geval is. Hulle help mekaar oorleef. Ek het die teorie die hele pad deeglik getoets en dit was nogal in al die gevalle so. Selfs in ‘n reservaat waar daar nie natuurlike vyande is nie, het hierdie beginsel nog steeds gegeld.

Kyk mooi wat gaan gebeur as jy weer ‘n program oor diere kyk en daar is blouwildebeeste of Zebras in die kameraskoot. Jy gaan hulle ook soek!

Mag jy ook elke dag bedag wees om weg te bly van situasies en plekke wat jou kan weglok van ons Vader se hart, meng met diegene wat jou kan help en bly in die trop.

Johann de Jager

Scroll to Top