Die Geheim van Vervulling

2012-11-13 223714

2012-11-13 223714‘n Optimis is geneig om te glo die lewe is meestal goed; ‘n pessimis glo dis meestal sleg. Die lewe is beide. Slegs hulle wat hierdie waarheid erken, vind vervulling. Hoekom? Want diegene wat dit aanvaar maar nie erken nie, raak apaties. Met elke moeilikheid trek hulle net skouers op en sug. Hulle oorleef, maar is nie suksesvol nie. Om sukses te behaal moet jy proaktief wees, in goeie en slegte tye.

Kyk na suksesvolle mense; hulle doen altyd die regte ding, ongeag hoe hulle voel; en deur reg te doen – voel hulle goed. Aan die anderkant, onsuksesvolle mense is geneig om te wag om goed te voel voordat hulle die regte ding doen. Gevolglik doen hulle nie reg nie en voel ook nie goed nie. Jy sal dikwels nie lus wees om die regte ding te doen nie, maar tog moet jy.

Nelson Mandela het gesê: ‘Ek het die geheim ontdek dat, nadat ‘n mens die groot berg uitgekIim het, lê daar nog ander om te oorwin. Hier het ek ‘n rukkie geneem om te rus, en vooruit te kyk na die pragtige uitsig voor my, en dan agtertoe na die afstand wat ek afgelê het. Maar ek kon net ‘n rukkie vertoef, want met vryheid kom verantwoordelikheid, en ek kon nie langer talm nie, want my lang pad is nog lank nie verby nie.’

As jy altyd die regte ding doen – ongeag hoe jy voel, ongeag wat ander daarop mag sê of doen – jy sal tevrede wees met jouself. En dit, op stuk van sake, gaan grootliks bepaal of jy vervul is.

Bron : Radiokansel

Scroll to Top