Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
In die Intensiewe Sorg wagkamer
Ons sê voortdurend dat verhoudings belangriker as enigiets anders in die lewe is, maar ons aksies weerspieël nie ons woorde nie. Ons skeep gereeld ons vriende en geliefdes ter wille van geld of sukses af. Verhoudings is soos blomme – as jy hulle nie vertroetel en beskerm nie, gaan hulle dood. Dit is waarom Paulus skryf: “Moet niks uit selfsug of eersug doen nie . moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander,” (Filip. 2:3-4, NAV). Soms is hartseer en krisisse nodig om ons te herinner aan hoe onvervangbaar die mense in ons lewens is.
Een skrywer het geskryf: “Ek het ure in die Intensiewe Sorg wagkamer deurgebring en angstige mense dopgehou terwyl ek na hulle dringende vrae geluister het. ‘Sal my man dit maak? Gaan my kind weer kan loop? Hoe leef ‘n mens sonder jou lewensmaat van die afgelope 30 jaar?’ Die Intensiewe Sorg wagkamer is anders as enige ander plek op aarde. Die mense wat daar wag, is ook anders. Hulle kan nie genoeg vir mekaar doen nie. Niemand is ongeskik nie. Ras en klas verdwyn. Die vullisverwyderaar het sy vrou net so lief soos die professor syne het, en almal verstaan dit. Elkeen probeer om alles vir almal rondom hom makliker te maak. In die Intensiewe Sorg wagkamer verander die wêreld. Hoogmoed en voorgee verdwyn. Die heelal is gefokus op die dokter se volgende verslag. As daar net verbetering sal wees. Almal weet dat die lewe eintlik maar net daaroor gaan dat mens iemand lief moet hê. Sal ons kan leer om só lief te hê as ons besef dat die lewe eintlik maar elke dag soos ‘n dag in die Intensiewe Sorg wagkamer is?”
Geskiedkundige navorsing onderskryf die persoonlike geloof van Amerika se grondleggers. In sy voorwoord tot die tweede uitgawe van Thomas Jefferson se The Life and Morals…