Die voormalige Amerikaanse minister van buitelandse sake, Henry Kissinger, het eenmaal opgemerk: “Daar is nie nou tyd vir nog ‘n krisis nie. My dagboek is alreeds vol!” Dit kan maklik gebeur wanneer ander mense jou dagboek opstel. Jesus het geweier om so te lewe. Tydens sy vroeë dienstydperk op aarde het gerugte van sy wonderwerke versprei: “En die hele stad het by die deur saamgekom. En baie . het Hy gesond gemaak,” (Mark. 1:33-34, NAV). Die volgende oggend was daar nog ‘n skare voor sy deur. Maar die manier waarop Jesus hierdie keer opgetree het, mag jou dalk verras: “Die môre vroeg, toe dit nog nag was, het Hy opgestaan . na ‘n eensame plek en daar gebid . dié wat by hom was, het Hom egter gesoek, en toe hulle Hom kry, sê hulle vir Hom: ‘Almal soek U.’ Maar Hy antwoord hulle: ‘Laat ons êrens anders heen gaan . sodat Ek daar ook kan preek, want daarvoor het Ek gekom,'” (vers 35-38). Wat het Hy gedink? Daar was koerantopskrifte om geskryf te word, mense om te genees, en aanhangers wat net gewag het om sy hand te skud! Sou jy so ‘n stukkie aas kon weerstaan? Jesus kon, want Hy het God se skedule gevolg, nie die mense s’n nie.© Radio Kansel 2008




